Vonnis vir miljoene Covid-bedrog in SA verwelkom

Die Oos-Kaapse Departement van Gesondheid het die vonnis van ‘n gewese werknemer vir bedrog met ‘n tender vir persoonlike beskermende toerusting verwelkom. Ayanda Matinise is tot tien jaar tronkstraf gevonnis op aanklagte van bedrog by die toeken van ‘n tender van 23,7 miljoen Suid-Afrikaanse rand vir beskermende toerusting aan ‘n privaat maatskappy tydens Covid. Die woordvoerder van die departement, Yonela Dekeda, sê die vonnis stuur ‘n sterk boodskap dat oortreders behoorlik gestraf sal word: