Koper-kabeldiefstal raak groot kopseer vir kragverspreiders

Koperkabel-diefstal het ‘n groot uitdaging in Namibië geword. Diewe steel toenemend kabels om koperdraad in die hande te kry. Die kragverspreiders in Namibië word toenemend met dié probleem gekonfronteer wat dit moeiliker en duurder maak om krag te voorsien. Die styging in die koperprys laat koperkabel-diefstal toeneem. Hulle pleit by lede van die publiek om die misdaad by die polisie aan te meld. Kosmos 94.1 Nuus het met Charlie Matengu, Cenored se skakelbeampte, gepraat wat sê dat mense nie wil help om die misdadigers vas te trek nie.