Amper 2 000 bestuurders in staatsdiens sonder kwalifikasies – DA

Die DA het die besluit van die Staatsdienskommissie om inligting wat hy van die Departement van Staatsdiens en Administrasie ontvang het te ondersoek, verwelkom. Die inligting wys daar is tans 1 823 senior bestuurders sonder kwalifikasies in die staatsdiens. Die meeste van hierdie bestuurders, 1 076, is in provinsiale departemente en 756 in diens van nasionale departemente. ‘n Lid van die DA, Mimmy Gondwe, sê die kommissie vorder met die ondersoek na senior bestuurders sonder kwalifikasies in die staatsdiens: