SA se kragkostes styg op 1 April met amper 19%

Verbruikers in die buurland moet gereed maak vir hoër elektrisiteitspryse nadat die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika ‘n tariefverhoging van 18,65 persent vir die 2023/2024-boekjaar aan Eskom toegestaan het. Dit tree op die eerste van volgende maand in werking. Munisipaliteite se verhoging van 18,49 persent word op 1 Julie van krag. Die instelling van die tariefverhoging volgende maand sal nie deur regsuitdagings geraak word nie aangesien die DA en die Tebelia Instituut hulle onderskeie aansoeke vir ‘n dringende interdik teen die verhogings teruggetrek het.