Of Ierland of Frankryk sal Grand Slam vat 

Ierland en Frankryk gaan sake om die titel uitspook in hierdie naweek se finale ronde van die Sesnasiesreeks. Ierland is tans bo-aan die punteleer met 19 punte en Frankryk is in die tweede plek met 15. Die onoorwonne Iere speel môreaand in Dublin teen die gewonde Engelse en kan die Grand Slam verower indien hulle die besoekers verslaan. Les Blues speel in Parys teen Wallis. Die derde kragmeting is tussen Skotland en Italië in die Skotse hoofstad, Edinburgh.