Krieket: Uganda klop Capricorn Eagles in eindstryd

Krieket: Uganda het die Capricorn Eagles in die eindstryd van die T20 vierhoekige reeks vandag met drie lopies in Windhoek gewen. Die Ugandese vroue het gekies om eerste te kolf en het 93 lopies behaal met die verlies van vyf paaltjies. Die Eagles kon net 90 lopies behaal. Stephani Nampiina van Uganda is as die […]

Read More

Pretdag met perde by Grootfontein-skougronde

Die Grootfontein Skou-vereniging bied Donderdag ‘n pretdag met perde by die Grootfontein-skougronde aan. Skou-rylesse met perde, boeresport, ‘n potjiekos-kompetisie en ‘n fliek-aand is deel van die pret vir oud en jonk. Megan Wise, die voorsitter van Grootfontein-perdeskou, gee meer inligting aan Kosmos 94.1 Nuus.

Read More

Namibië moet varkvleis uit EU invoer

Namibië voer varkvleis uit die Europese Unie in om sy plaaslike aanbod aan te vul, aangesien plaaslike varkvleis-produksie nie daarin slaag om aan die verbruikersvraag te voldoen nie. Gedurende die eerste kwartaal van 2023 het plaaslike produksie slegs 31,5 persent van die land se varkvleisverbruiks-vereistes uitgemaak, volgens die Vleisraad van Namibië. Die oorblywende 68,5 persent […]

Read More

Esau getuig hy het nooit vir ‘n swart selfoon gevra

Die borgtogaansoek van die Fishrot-beskuldigde en voormalige minister van visserye, Bernhardt Esau, het vanmiddag in die Windhoekse hoërhof voor regter David Munsu voortgeduur. Esau en sy mede Fishrot-beskuldigde, Nigel van Wyk probeer steeds om borg te kry. Senior staatsaanklaer Clive Lutibezi het tydens kruisondervraging aan Esau gevra oor die omstrede dubbele simkaart iPhone. Die Fishrot-dokumentêr […]

Read More

Meer as 37 000 selfone in SA tronke gekonfiskeer

Die Suid-Afrikaanse minister van justisie en korrektiewe dienste, Ronald Lamola, het aangekondig daar is in die 2022/23-boekjaar beslag gelê op 37 243 selfone in Suid-Afrikaanse tronke. Gauteng het die hoogste getal op 10 238 gehad. Die minister het bevestig 24 tronkbeamptes is dissiplinêr verhoor vir hul rol in die insmokkel van die selfone. Agt van […]

Read More

Koning Charles dra sy oupa se handskoen met kroning

Die kroningshandskoen wat koning Charles die Derde Saterdag met sy kroning gaan dra, sal dieselfde wees as wat sy oupa, George die Sesde, met sy kroning in 1937 aangehad het. Die handskoen is in die koninklike versameling bewaar, terwyl ‘n identiese duplikaat in die Dents-museum uitgestal word. Die handskoen, wat die hand, pols en die […]

Read More

DA: Gauteng moet nou aanlyn toelatings vir skole vir 2024 open

Die DA in Gauteng dring daarop aan dat die provinsiale departement van onderwys die aanlyn toelatings vir graad een en graad agt vir die 2024 akademiese jaar reeds dié maand moet open. Dit is om te verseker alle leerders word aan skole toegewys voor die nuwe akademiese jaar begin. ʼn Woordvoerder van die DA, Khume […]

Read More

Namibiese banke se heffings onder die loep

Namibiese parlementslid Veiko Nekundi het ‘n mosie ingedien om die moontlikheid te bespreek om te hoë heffings en onetiese veelvuldige aanklagte deur plaaslike handelsbanke te ondersoek wat lei tot reuse-wins. Volgens Simonis Storm kan die mosie gesien word as ‘n positiewe stap om regverdigheid en deursigtigheid in die bankbedryf te bevorder. Dit kan egter ook […]

Read More

Aansoeke vir Nampol kadet-konstabels sluit vandag

Die Namibiese polisie het 750 poste adverteer vir kadet-konstabels tussen die ouderdomme van 18 en 35 jaar en die aansoeke sluit vandag. Volgens Nampol kan aansoekers steeds tot middernag hul aansoeke by polisiestasies landwyd indien. Rekrute moet aan talle vereistes voldoen en sal verskeie geskrewe en mediese toetse moet ondergaan. Hulle moet onder meer oor […]

Read More

Brics: 19 lande wil aansluit

Negentien lande stel daarin belang om by die Brics-groep lande aan te sluit terwyl sy ministers van buitelandse sake voorbereidings tref vir sy jaarlikse beraad wat aanstaande maand in Kaapstad plaasvind. Die lande sluit in Zimbabwe, Egipte, Algerië, Soedan, die Verenigde Arabiese Emirate en Saoedi-Arabië. Die blok van ontluikende markte bestaan uit Brasilië, Rusland, Indië, […]

Read More