Namibië moet varkvleis uit EU invoer

Namibië voer varkvleis uit die Europese Unie in om sy plaaslike aanbod aan te vul, aangesien plaaslike varkvleis-produksie nie daarin slaag om aan die verbruikersvraag te voldoen nie. Gedurende die eerste kwartaal van 2023 het plaaslike produksie slegs 31,5 persent van die land se varkvleisverbruiks-vereistes uitgemaak, volgens die Vleisraad van Namibië. Die oorblywende 68,5 persent is aangevul deur invoere, met meer as die helfte uit Duitsland met 52,8 persent, gevolg deur Spanje, Suid-Afrika en die EU. Hierdie invoersyfers het met 4,9 persent gestyg vergeleke met dieselfde tydperk verlede jaar. Fransina Angula, statistikus vir handel en bemarking by die Vleisraad het met Kosmos 94.1 Nuus gesels…

Angula moedig produsente aan om aan te sluit by die vark-bemarkingskema wat die Vleisraad bedryf, om te verseker dat daar ‘n mark vir hul varkvleis is…