Krieket: Uganda klop Capricorn Eagles in eindstryd

Krieket: Uganda het die Capricorn Eagles in die eindstryd van die T20 vierhoekige reeks vandag met drie lopies in Windhoek gewen. Die Ugandese vroue het gekies om eerste te kolf en het 93 lopies behaal met die verlies van vyf paaltjies. Die Eagles kon net 90 lopies behaal. Stephani Nampiina van Uganda is as die speler van die wedstryd aangewys.