Koning Charles dra sy oupa se handskoen met kroning

Die kroningshandskoen wat koning Charles die Derde Saterdag met sy kroning gaan dra, sal dieselfde wees as wat sy oupa, George die Sesde, met sy kroning in 1937 aangehad het. Die handskoen is in die koninklike versameling bewaar, terwyl ‘n identiese duplikaat in die Dents-museum uitgestal word. Die handskoen, wat die hand, pols en die voorarm bedek is met goue garing geborduur. Dit is gemaak van sagte wit bokleer en is met rooi satyn uitgevoer. Koning Charles sal dit aan sy regterhand dra om die septer met die kruis vas te hou wanneer hy gekroon word.