Esau getuig hy het nooit vir ‘n swart selfoon gevra

Die borgtogaansoek van die Fishrot-beskuldigde en voormalige minister van visserye, Bernhardt Esau, het vanmiddag in die Windhoekse hoërhof voor regter David Munsu voortgeduur. Esau en sy mede Fishrot-beskuldigde, Nigel van Wyk probeer steeds om borg te kry. Senior staatsaanklaer Clive Lutibezi het tydens kruisondervraging aan Esau gevra oor die omstrede dubbele simkaart iPhone. Die Fishrot-dokumentêr dui aan dat Esau vir ‘n swart een aangevra het. Hy het getuig dat hy nooit vir ‘n selfoon of ‘n swart een gevra het nie.  

Die dokumentêr deur Al Jazeera se ondersoek-eenheid genaamd “Anatomy of a Bribe” het vergaderings met Esau en medebeskuldigdes in die geheim verfilm waartydens Esau oor die dubbele simkaart iPhone gepraat het.