Namibiese banke se heffings onder die loep

Namibiese parlementslid Veiko Nekundi het ‘n mosie ingedien om die moontlikheid te bespreek om te hoë heffings en onetiese veelvuldige aanklagte deur plaaslike handelsbanke te ondersoek wat lei tot reuse-wins. Volgens Simonis Storm kan die mosie gesien word as ‘n positiewe stap om regverdigheid en deursigtigheid in die bankbedryf te bevorder. Dit kan egter ook onsekerheid en huiwering skep onder beleggers wat die ondersoek as ‘n negatiewe ontwikkeling vir die bedryf kan beskou. Kosmos 94.1 Nuus het met ‘n ekonoom van Simonis Storm, Shaun Lahner, gepraat..