Aansoeke vir Nampol kadet-konstabels sluit vandag

Die Namibiese polisie het 750 poste adverteer vir kadet-konstabels tussen die ouderdomme van 18 en 35 jaar en die aansoeke sluit vandag. Volgens Nampol kan aansoekers steeds tot middernag hul aansoeke by polisiestasies landwyd indien. Rekrute moet aan talle vereistes voldoen en sal verskeie geskrewe en mediese toetse moet ondergaan. Hulle moet onder meer oor ‘n graad 11- of 12-sertifikaat beskik, geen kriminele rekord hê nie en sal bereid moet wees om in verafgeleë gebiede gestasioneer te word. Salarisse wissel tussen 6 200 en 9 000 Namibiese dollar, afhangende van hul kwalifikasies.