Brics: 19 lande wil aansluit

Negentien lande stel daarin belang om by die Brics-groep lande aan te sluit terwyl sy ministers van buitelandse sake voorbereidings tref vir sy jaarlikse beraad wat aanstaande maand in Kaapstad plaasvind. Die lande sluit in Zimbabwe, Egipte, Algerië, Soedan, die Verenigde Arabiese Emirate en Saoedi-Arabië. Die blok van ontluikende markte bestaan uit Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika. ʼn Konsultant vir die regering en sakebestuur, Charles Sinkala, sê Brics is wêreldwyd een van die sterkste toonaangewende ekonomiese groepe.