Pretdag met perde by Grootfontein-skougronde

Die Grootfontein Skou-vereniging bied Donderdag ‘n pretdag met perde by die Grootfontein-skougronde aan. Skou-rylesse met perde, boeresport, ‘n potjiekos-kompetisie en ‘n fliek-aand is deel van die pret vir oud en jonk. Megan Wise, die voorsitter van Grootfontein-perdeskou, gee meer inligting aan Kosmos 94.1 Nuus.