DA: Gauteng moet nou aanlyn toelatings vir skole vir 2024 open

Die DA in Gauteng dring daarop aan dat die provinsiale departement van onderwys die aanlyn toelatings vir graad een en graad agt vir die 2024 akademiese jaar reeds dié maand moet open. Dit is om te verseker alle leerders word aan skole toegewys voor die nuwe akademiese jaar begin. ʼn Woordvoerder van die DA, Khume Ramulifho, sê die departement se skedulering is onsuksesvol want hulle misluk herhaaldelik om leerders in skole te plaas.