NamPower: Term ‘beurtkrag’ word misbruik

NamPower se besturende direkteur Kahenge Haulofu het vandag gesê die term ‘beurtkrag’ word misbruik in onlangse mediaberigte oor die kragvoorsiener se skuld-invorderingsplan wat verlede week deur ‘n openbare kennisgewing heringestel is. Haulofu het verduidelik dat die plan, wat die geskeduleerde afsny van elektrisiteit aan wanbetalende kliënte is, ‘n herinstelling is van ‘n skuld-invorderingsplan en skuldterugbetalings-aansporing wat die eerste keer in 2021 ingestel is en dit is nie beurtkrag nie. Volgens hom is verskeie ander maatreëls ondersoek voordat die bekendstelling van die plan wat op 5 Junie geïmplementeer sal word en klante sal raak wat versuim om hul agterstallige rekeninge teen 31 Mei te betaal.