Skeidsregters aangewys vir Rugbykampioenskap, Wêreldbeker-opwarmingswedstryde

Vyf van die skeidsregters op die paneel vir vanjaar se Wêreldbekertoernooi in Frankryk is ook aangestel vir die Rugbykampioenskap en Wêreldbeker-opwarmingswedstryde. Hulle is Jaco Peyper van Suid-Afrika, Ben O’Keefe van Nieu-Seeland, Mathieu Raynal van Frankryk, Andrew Brace van Ierland en Nika Amashukeli van Georgië. Die Springbokke speel in Julie toetse teen Australië in Pretoria, Nieu-Seeland in Auckland en Argentinië in Johannesburg. Die verdedigende kampioen sal ook in Augustus opwarmingswedstryde teen die Pumas, Wallis en die All Blacks speel.