Mandrax, kokaïen beslagleggings styg skerp

Die Namibiese polisie het in April beslag gelê op 1 589 Mandrax-tablette en 148 kilogram dagga. Daar was ook 147 gram kokaïen, met 52 stukkies kokaïen wat ook gevind is. Die beslagleggings is meer as die wat in Maart gedoen is met byvoorbeeld net 266 Mandrax-pille wat in Maart gevind is, sowel as 108 kilogram dagga en 29 gram kokaïen. Daar is 119 verdagtes gedurende April in hegtenis geneem in verband met die beslagleggings.