Thabo Bester-saak mag uitgesaai word

Die Bloemfonteinse landdroshof het die media toestemming gegee om die verrigtinge in Thabo Bester se saak regstreeks uit te saai. Die borgtogaansoek-verrigtinge van beskuldigde nommer een, die voormalige veiligheidswag, Senohe Matsoara, het vandag begin. Die voorsittende landdros, Motlholo Khabisi, het beveel die wysigings wat volgens die aanvanklike riglyne uitgereik is, moet in werking gestel word. Hy sê dit is in die belang van geregtigheid om die media toe te laat om die verrigtinge uit te saai.