Pasiënte het nou makliker toegang tot chroniese medisyne

Die gesondheidsminister dr. Kalumbi Shangula het vanmiddag by die Katutura-staatshospitaal 19 Pelebox Smart Locker-toestelle van die Amerikaanse President se noodplan vir vigshulp, Pepfar, ontvang. Die toestelle verbeter dienslewering aan pasiënte om toegang tot chroniese medikasie te vergemaklik en word regoor die land versprei. Hierdie masjiene is gebruikersvriendelik wat dit vir pasiënte moontlik maak om hul chroniese sorg herhaal-medikasie af te haal.