Kunsmatige intelligensie kort regulering – OpenAI-baas

OpenAI se uitvoerende hoof, Sam Altman, doen ‘n beroep op Amerikaanse wetgewers om kunsmatige intelligensie te reguleer en sodoende die voordele te verbeter maar gevare te bekamp. OpenAI is die maatskappy agter ChatGPT. Altman het voor ‘n Amerikaanse senaatkomitee getuig. Hy sê ‘n reeks veiligheidstandaarde moet gestel en ‘n spesifieke toets geslaag word voordat kunsmatige intelligensie-modelle ontplooi kan word.