Verpleërs moet selfoonligte in gange gebruik, gloeilampe werk nie

Plaaslike media berig dat verpleërs by die Nankudu Distrikshospitaal in die Kavango Wes-streek hul selfoonligte moet gebruik as hulle in die hospitaal se gange gedurende die nag beweeg. Dit is blykbaar veral gevaarlik om na die lykshuis te gaan omdat dit stikdonker is. Die rede, volgens die berigte, is omdat daar geen gloeilampe in die gange is nie en die wat wel daar is, het geblaas. Die verpleërs sê verder hulle koop batterye vir mediese toerusting uit hul eie sakke. Hulle het ook laas in 2015 uniforms ontvang. Hulle maak ook staat op die streekshospitaal in Rundu in Kavango Wes omdat die Kavango Oos-streek nie ‘n streekshospitaal het wat gevorderde sorg van verskaf nie.