Daar is geen dreigende ineenstorting van die kragnetwerk nie

Eskom se waarnemende hoof, Calib Cassim, sê hy is vol vertroue die land se kragnetwerk sal nooit totaal ineenstort nie, maar beurtkragvlakke hoër as fase ses is ‘n moontlikheid. Suid-Afrika het vanjaar elke dag gemiddeld fase vier beleef teenoor die gemiddeld van fase drie verlede jaar. Die kragverskaffer se waarnemende woordvoerder, Daphne Mokwena, sê daar is maatreëls om te keer dat die netwerk ineenstort en een daarvan is beurtkrag: