Volksmoord-museum ontlok openbare debat

Die debat wat in die parlement begin is oor die vestiging van ‘n Volksmoord-museum wat deur Joseph Kauandenge van Nudo voorgestel is, het openbare gesprekke laat vlam vat. ‘n Namibiër het ‘n vraag op sosiale media gestel dat die land bereid is om geld aan ‘n Volksmoord-museum te bestee, maar die wêreld laat Russiese President Vladimir Putin toe om opdrag te gee vir die moord op Oekraïners. Die Namibiër vra waarvoor is die Volksmoord-museum eintlik ten bate? Kosmos 94.1 Nuus het met die nasionale woordvoerder van die IPC, Brian Black, gepraat en hy het in sy persoonlike kapasiteit gesê die museum is belangrik vir die geskiedenis van die land.