Diplomatieke herrie in SA terwyl rand tuimel

Die buurland se Presidensie sê die Amerikaanse ambassadeur in Suid-Afrika, Reuben Brigety, se bewerings dat die land wapens aan Rusland voorsien het, ondermyn die gees van samewerking en vennootskap. Die ambassadeur beweer ‘n Russiese vragskip het verlede Desember Simonstad in Kaapstad se vlootbasis verlaat met wapens aan boord. Die Presidensie sê tydens onlangse vergaderings tussen die twee lande is die Lady R bespreek en daar is ooreengekom dat ‘n ondersoek gedoen sal word. Hy sê dis teleurstellend dat Brigety ‘n teenproduktiewe openbare benadering het. Intussen sê Oekraïne se ambassadeur in Suid-Afrika, Liubov Abravitova, sy gaan ‘n dringende vergadering met die minister van Verdediging en Militêre Veterane, Thandi Modise, aanvra. Die rand het intussen vinnig verswak en verhandel op 19,18 teen die Amerikaanse dollar.