Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie sluit sy kampusse

Die Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie het al sy kampusse vir ‘n onbepaalde tyd gesluit ná gewelddadige betogings. Volgens berigte het die universiteit versoek dat alle koshuise teen môremiddag ontruim moet word. Die Bellville-kampus het ernstige skade opgedoen met geboue en privaat voertuie wat aan die brand gesteek is. Studente is in rep en roer oor ‘n gebrek aan verblyf en toelaes van die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente.