Voetgangerbrug stort ineen, 26 Finse leerders beseer

Altesaam 26  skoolkinders is vandag beseer toe ‘n tydelike voetgangerbrug in Finland ineengestort het. Die voorval het in Espoo, net buite die hoofstad Helsinki gebeur. Die beserings is nie lewensgevaarlik nie. Die leerders was deel van ‘n groep 14- en 15-jariges wat na ‘n uitstappie met onderwysers teruggekeer het, toe die brug ineengestort het. Reddingswerkers het die beseerdes, 26 leerders en een volwassene, op die toneel behandel voordat hulle na die hospitaal vervoer is.