VSA bekommerd oor SA se beleid oor Rusland

Die VSA se ambassadeur in Suid-Afrika, Reuben Brigety, sê sy regering is bekommerd oor Suid-Afrika se sogenaamde onverbonde beleid in die oorlog tussen Rusland en Oekraïne. Rusland het Oekraïne in Februarie verlede jaar binnegeval. Suid-Afrika het ‘n hoëvlak-afvaardiging na Amerika gestuur om sy posisie te bespreek. Brigety sê Amerika respekteer Suid-Afrika se buitelandse beleid, maar in die praktyk is die land nie neutraal in die oorlog nie. Volgens Brigety het talle vrae ontstaan na Suid-Afrika se militêre vlootoefeninge saam met Rusland en China, wat saamgeval het met die herdenking van die Russiese inval in Oekraïne.