Stad Kaapstad oorhandig sleutels aan 204 huurders

Meer as 200 Moederstad-inwoners het die week die groenlig ontvang om by hul nuwe tuistes in die Maitland Mews maatskaplike behuisings-ontwikkeling in te trek. Burgemeester Geordin Hill-Lewis het die sleutels van 204 van die eenhede aan nuwe huurders oorhandig. Die behuisings-projek is sentraal geleë op een van die Moederstad se hoof ekonomiese slagare en bied inwoners maklike toegang tot die MyCiti-busdiens, groot winkelsentrums, universiteite en die ekonomiese geleenthede van die Kaapstadse middestad. Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in die stad, Fritz Platt…