Real Madrid en City speel gelykop 

Die langverwagte Kampioeneliga se eerste halfeindwedstryd tussen Real Madrid en Manchester City het in die Santiago Bernabéu-stadion gelykop geëindig met een-elk. Vinicius Junior het die tuisspan in die 36ste minuut laat voorloop. Net toe die verdedigende kampioene die tweede helfte wou oorheers, het City teruggeveg met ‘n briljante doel deur Kevin De Bruyne. City se bestuurder, Pep Guardiola, sê volgende Woensdag […]

Read More

Nampol kan nie goedere aan buurtwagte gee nie, maar, staan hulle wel by

Die Namibiese polisie sê hy staan buurtwagte in die land by om misdaad te help bekamp, net soos in die Wes-Kaap. Die Wes-Kaapse regering meen dit noodsaaklik dat hulle moet toesien dat buurtwagte ten volle toegerus is om as vrywilligers ‘n doeltreffende rol te speel. Buurtwagte raak oral al hoe meer belangrik om misdaad te bekamp. Adjudant-offisier Silas Shipandeni van die […]

Read More

Handelsyfers: Namibië kan munt slaan uit beurtkrag

Met die jongste handelsyfers wat bekend gemaak is, sê die makelaarsfirma Simonis Storm ‘n baie belangrike aspek is die Wêreldbank se Logistieke Prestasie-indeks. Die indeks gradeer doeltreffendheid in uitklaring, handelskwaliteit, vervoerinfrastruktuur, naspeurbaarheid, tydigheid, en mededingendheid om pryse te bepaal. Singapoer is boaan die lys met ‘n LPI-telling van 4,3. Namibië het ‘n LPI van 2.9, […]

Read More

Cenored praat (weer) na beurtkrag-dreigement deur NamPower

Cenored het gereageer op die aankondiging deur NamPower dat hy beurtkrag op sekere dorpe sal toepas as gevolg van uitstaande skuld. Die Stad Windhoek word ook geraak in verband met Groot Aub en Brakwater, asook Nored, die Cenored-Okahandja gesamentlike onderneming en die Karas-streeksraad. Die kragvoorsiener sê hy word meer as ‘n miljard Namibiese dollar geskuld […]

Read More

Meatco se slagsyfers vertoon sleg teen ander abattoirs

Meatco bly plaaslik in die nuus, veral met die onlangse opmerkings deur die landbouminister Calle Schlettwein by die ministerie se jaarlikse beraad aan die kus. Nou wil dit voorkom asof die Okahandja-gebaseerde uitvoer-abattoir Beefcor reeds Meatco verbygesteek het met slagsyfers. Schlettwein het dit bekend gemaak maar, het nie die getalle deurgegee nie. Plaaslike berigte lui […]

Read More

Nog vergaderings beplan na dooiepunt oor verhoging van VSA skuldperk

President Joe Biden en topwetgewers het ooreengekom tot verdere samesprekings na ‘n dooiepunt bereik is oor die verhoging van die 31.4 triljoen Amerikaanse dollar se skuldperk. Na ongeveer ‘n uur van samesprekings in die Oval Office, het Biden, en die speaker van die Huis, Kevin McCarthy, hul assistente verbind tot daaglikse besprekings. Die land het […]

Read More

Kaapse Leierskapsakademie sal onderwys verbeter

Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement het sy Leierskapsakademie van stapel gestuur. LUR David Maynier sê die akademie stel verskeie opleiding- en ondersteuningsprogramme, kursusse, konferensies en seminare beskikbaar wat sterk leierskap binne skole sal ontwikkel. Hy het ook die Skoolleierskap- en Bestuursprogram bekendgestel, wat vanjaar 88 huidige en toekomstige skoolleiers oplei. Maynier sê hierdie program wil die gehalte […]

Read More

Xinfeng sleep Alweendo hof toe oor mynlisensie

Die Chinese litium-mynmaatskappy Xinfeng Investments se regsfirma Nambili Mhata Legal Practitioners het ʼn dringende aansoek voor die hoërhof gebring om die Namibiese minister van myne en energie, Tom Alweendo, se herroeping van hul mynboulisensie buite Omaruru, tersyde te stel. Die mynlisensie 243 is in September verlede jaar toegeken. Die aansoek is ook teen die mynkommissaris […]

Read More

SA sal 3 Nigeriërs wat blykbaar R116m gesteel het, na VSA uitlewer

Drie buitelandse burgers kan aan Amerika uitgelewer word nadat hulle in Suid-Afrika aangekeer is vir diefstal ten bedrae van 116 miljoen Suid-Afrikaanse rand. Drie Nigeriërs van Johannesburg het na bewering Amerikaanse maatskappye geteiken deur kliënte se persoonlike inligting te kaap en te steel. Indien hulle skuldig bevind word, sal die drie na verwagting lang tronkstraf […]

Read More

Trump skuldig aan laster, seksuele aanranding

Donald Trump moet 5 miljoen Amerikaanse dollar in skadevergoeding betaal omdat hy die skrywer E Jean Carroll in die 1990’s seksueel aangerand het en haar daarna belaster het deur haar as ‘n leuenaar te bestempel. Die jurie het Dinsdagaand sy beslissing in die saak bekend gemaak. Carroll sê dat die wêreld uiteindelik die waarheid weet. […]

Read More