Slenter vir selfoon-betalings in verband met Stad Whk-rekenings

Daar is ‘n nuwe slenter in die omtrek, die keer in verband met rekenings by Stad Windhoek. Volgens die munisipaliteit word inwoners van die hoofstad geskakel en gesê dat dienste gesny sal word indien die uitstaande bedrag nie onmiddellik deur middel van ‘n selfoon-betaling vereffen word nie. Die Stad sê geen rekening kan op die […]

Read More

Ongevraagde voorstelle: Riglyne vir billike toegang gepubliseer

Die finansministerie sê die Riglyne vir Ongevraagde Voorstelle is in die staatskoerant gepubliseer. Daar is plaaslik ‘n uitdaging met voorstelle wat aan die regering gemaak word in ‘n poging om ‘n kontrak te kry. Die riglyne verskaf ‘n gestruktureerde raamwerk vir die indiening, evaluering, en potensiële implementering van ongevraagde voorstelle, om te verseker dat alle […]

Read More

Vrystaat se munisipaliteite het net 43% van poste gevul

Die DA in die Vrystaat sê die LUR vir Samewerkende Regering en Tradisionale Sake, Ketso Makume, se erkenning dat sy departement nie munisipaliteite in ‘n toestand van uiterste verval kan red nie, is kommerwekkend. Die rede is dat die departement nie die finansiële of menslike hulpbronne, vaardigheid of vermoë het om die nodige ondersteuning aan […]

Read More

Pleidooi dat Sudan se bure grense oophou

Die hoof van die VN se vlugteling agentskap het buurlande rondom Sudan aangemoedig om hul grense oop te hou ten spyte van sekuriteitsbekommernisse. Die hoeveelheid mense wat uit die konflik vlug het die 500 000-kerf verbygesteek en neem steeds toe. In die land self is meer as 2 miljoen ontheem. Filippo Grandi van die agentskap […]

Read More

Alcaraz behaal oorwinning in Queen’s Klub-debuut

Die topgekeurde Carlos Alcaraz het sy debuut by die Queen’s Klub-kampioenskap in Londen gemaak en ná ‘n taai stryd ‘n oorwinning behaal. Die Spanjaard het ‘n stel verloor maar teruggeveg en die Fransman Arthur Rinderknech met 4-6, 7-5 en 7-6 geklop. Alcaraz, wat sy vyfde titel dié seisoen op toernooivlak wil inpalm, kom volgende teen […]

Read More

SAA-Takatso samesmelting steeds in die nuus

Takatso Aviation Consortium het aan die Mededingingstribunaal gesê alhoewel die samesmelting met South African Airways waarskynlik nie tot werksverliese gaan lei nie, is daar geen waarborg dat dit nie sal gebeur nie. Die Mededingingskommissie het verlede maand voorwaardelik goedkeuring gegee vir die samesmelting waarvolgens Takatso 51-persent van die SAA met voorwaardes sal koop. Een van […]

Read More

Telecom en Cenored teken ooreenkoms

Telecom Namibia het ‘n memorandum van verstandhouding met Cenored onderteken. Die doel van die ooreenkoms is om gebiede van wedersydse samewerking tussen Telecom en Cenored uiteen te sit wat betrekking het op die verskaffing van konsekwente en betroubare elektrisiteit en verwante dienste. Op sy beurt sal dit Telecom in staat stel om betroubare en konsekwente […]

Read More

Meer as R43m geskenk aan vervolgingsgesag

Privaat befondsers in die buurland het hierdie boekjaar 43,5 miljoen Suid-Afrikaanse rand tot die Nasionale Vervolgingsgesag bygedra. Dit oortref verlede jaar se bedrag met 13 miljoen rand. Die gesag se gewysigde skenker-befondsingsbeleid, in ooreenstemming met die Nasionale Tesourie se riglyne, word nou gefinaliseer. Die Suid-Afrikaanse minister van justisie, Ronald Lamola, het ‘n samewerkingsooreenkoms met Frankryk […]

Read More

Rusland moet betaal vir die herkonstruksie van die Oekraïne

Die Verenigde Koninkryk is die gasheer van ‘n konferensie vir die herstel en herbou van die Oekraïne. Die konferensie kom ten tye van ‘n teenoffensief deur die land teen Rusland en te midde van voorspellings dat die konflik nog uiters lank kan duur. Die Amerikaanse minister van buitelandse sake Antony Blinken en die Oekraïnse President […]

Read More

Noah sal sy uitsending deur Spotify doen

Die Suid-Afrikaans-gebore komediant, Trevor Noah, het ‘n ooreenkoms met Spotify onderteken om ‘n weeklikse aanlyn uitsending aan te bied. Volgens Spotify sal die projek, wat nog ‘n naam moet kry, Noah se kenmerkende, vlymskerp humorsin vermeng met sy globale perspektief, om ‘n besondere aanslag te kry op die gewildste en interessantste onderwerpe van die oomblik. […]

Read More