Meer as R43m geskenk aan vervolgingsgesag

Privaat befondsers in die buurland het hierdie boekjaar 43,5 miljoen Suid-Afrikaanse rand tot die Nasionale Vervolgingsgesag bygedra. Dit oortref verlede jaar se bedrag met 13 miljoen rand. Die gesag se gewysigde skenker-befondsingsbeleid, in ooreenstemming met die Nasionale Tesourie se riglyne, word nou gefinaliseer. Die Suid-Afrikaanse minister van justisie, Ronald Lamola, het ‘n samewerkingsooreenkoms met Frankryk onderteken om die gesag se vermoë in die ondersoek van kuber- en finansiële misdade te verbeter.