SAA-Takatso samesmelting steeds in die nuus

Takatso Aviation Consortium het aan die Mededingingstribunaal gesê alhoewel die samesmelting met South African Airways waarskynlik nie tot werksverliese gaan lei nie, is daar geen waarborg dat dit nie sal gebeur nie. Die Mededingingskommissie het verlede maand voorwaardelik goedkeuring gegee vir die samesmelting waarvolgens Takatso 51-persent van die SAA met voorwaardes sal koop. Een van die voorwaardes is dat die minderheidsvennote in die konsortium verwyder word. ‘n Woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Kajuitpersoneelvereniging, Christopher Shabangu, sê hulle het nog altyd ‘n probleem met hierdie ooreenkoms gehad: