Noah sal sy uitsending deur Spotify doen

Die Suid-Afrikaans-gebore komediant, Trevor Noah, het ‘n ooreenkoms met Spotify onderteken om ‘n weeklikse aanlyn uitsending aan te bied. Volgens Spotify sal die projek, wat nog ‘n naam moet kry, Noah se kenmerkende, vlymskerp humorsin vermeng met sy globale perspektief, om ‘n besondere aanslag te kry op die gewildste en interessantste onderwerpe van die oomblik. Die gewese Daily Show-aanbieder het die nuus op sosiale media gedeel en sê hy is opgewonde oor die geleentheid: