LPM sê hy’t planne vir jeugwerkloosheid

Met die verkiesing wat om die draai is, wat is die verskeie politieke partye se oplossings tot verskeie probleme in die land? Vanjaar het 6 900 studente gegradueer van Unam en Nust. Die vraag op almal se lippe is of die gegradueerdes werk gaan kry. Kosmos 94.1 Nuus het die Landless People’s Movement se woordvoerder, Lifalaza Simataa, gevra wat die party gaan doen aan jeugwerkloosheid as hulle aan bewind kom. Simataa is aan die woord.

Kosmos 94.1 Nuus gaan uitreik na verskeie partye om hulle standpunte oor verskeie landsprobleme te kry, so bly altyd ingeskakel!