Slenter vir selfoon-betalings in verband met Stad Whk-rekenings

Daar is ‘n nuwe slenter in die omtrek, die keer in verband met rekenings by Stad Windhoek. Volgens die munisipaliteit word inwoners van die hoofstad geskakel en gesê dat dienste gesny sal word indien die uitstaande bedrag nie onmiddellik deur middel van ‘n selfoon-betaling vereffen word nie. Die Stad sê geen rekening kan op die manier aan hom betaal word nie en betalings moet in sy bankrekening gemaak word. Die Stad waarsku ook dat inwoners nie vervalste bewyse van betalings indien nie omdat dit ‘n kriminele oortreding is. Daar is blykbaar uitdagings in die verband ook.