Branderplankryers in Mexiko geïdentifiseer

Mexikaanse owerhede het die liggame geïdentifiseer van drie toeriste wat in ‘n put gevind is met skietwonde aan die kop. Die Australiese broers Jake en Callum Robinson en hul Amerikaanse vriend Jack Carter Rhoad was op ‘n branderplankkamp toe hulle verlede maand in die Stille Oseaan-kusstaat Baja California, in Mexiko, vermis geraak het. Amptenare meen die mans is die slagoffers van ‘n roof toe hulle vragmotor gesteel is. Drie verdagtes is in hegtenis geneem. Die Amerikaanse FBI sê hy kyk ook na die saak.