Ongevraagde voorstelle: Riglyne vir billike toegang gepubliseer

Die finansministerie sê die Riglyne vir Ongevraagde Voorstelle is in die staatskoerant gepubliseer. Daar is plaaslik ‘n uitdaging met voorstelle wat aan die regering gemaak word in ‘n poging om ‘n kontrak te kry. Die riglyne verskaf ‘n gestruktureerde raamwerk vir die indiening, evaluering, en potensiële implementering van ongevraagde voorstelle, om te verseker dat alle belangstellende private entiteite ‘n regverdige en billike geleentheid het om deel te neem. Charity Sihope, adjunkdirekteur in die ministerie het meer.