Alcaraz behaal oorwinning in Queen’s Klub-debuut

Die topgekeurde Carlos Alcaraz het sy debuut by die Queen’s Klub-kampioenskap in Londen gemaak en ná ‘n taai stryd ‘n oorwinning behaal. Die Spanjaard het ‘n stel verloor maar teruggeveg en die Fransman Arthur Rinderknech met 4-6, 7-5 en 7-6 geklop. Alcaraz, wat sy vyfde titel dié seisoen op toernooivlak wil inpalm, kom volgende teen Jiri Lehecka van die Tsjeggiese Republiek te staan. Die Deen Holger Rune het sy eerste toernooivlak-sege op gras behaal toe hy Maxime Cressy van Amerika met 7-6 en 7-6 verslaan het. Andy Murray van Brittanje moes  in skoon stelle die knie buig voor die Australiër, Alex de Minaur.