Bibi het onderhandelings saboteur

Die militante groep, Hamas, beskuldig Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, dat hy bemiddelaars se pogings vir ʼn moontlike skietstilstand saboteer. Netanyahu het die huidige voorgestelde skietstilstand verwerp en sê dit hou Hamas in beheer van Gaza, wat ʼn bedreiging vir sy land inhou. Die militante groep sê hy is steeds gretig om ʼn algehele, bindende ooreenkoms te bereik wat die aggressie sal beëindig, onttrekking waarborg en ʼn uitruiling van gevangenes bewerkstellig.