Wie is die rykste akteur ter wêreld?

As jy dink aan die akteurs met die meeste geld agter hul naam, is daar ‘n paar name wat jy kan opnoem. Maar dit is meer waarskynlik dat jou raaiskote baie, baie verkeerd sal wees. Nee, dit is nie mense soos Tom Cruise of Adam Sandler of selfs Julia Roberts nie. Die rykste aktrise in die wêreld was onlangs maar redelik onaktief in die bedryf. Dalk oor sy genoeg geld het? Die ster met die meeste geld is eintlik The Lost Boys-aktrise, Jami Gertz.

Met ‘n asemrowende netto waarde van US$3 miljard (sowat N$55,5 miljard), is Gertz die rykste aktrise ter wêreld.

Foto: TM/Bauer-Griffin / via Getty Images