Vrystaat se munisipaliteite het net 43% van poste gevul

Die DA in die Vrystaat sê die LUR vir Samewerkende Regering en Tradisionale Sake, Ketso Makume, se erkenning dat sy departement nie munisipaliteite in ‘n toestand van uiterste verval kan red nie, is kommerwekkend. Die rede is dat die departement nie die finansiële of menslike hulpbronne, vaardigheid of vermoë het om die nodige ondersteuning aan munisipaliteite te verleen nie. Leona Kleynhans van die DA sê van die 129 senior poste wat by munisipaliteite vereis word, is 73 oftewel 57 persent vakant: