Marshalltown-brand: Stad Johannesburg verantwoordelik

Die Stad Johannesburg en sy entiteite is aanspreeklik vir die dood van 77 mense in die brand verlede Augustus in die Usindiso-gebou in Marshalltown. Dit is een van die aanbevelings van die oudregter in die Konstitusionele Hof, Sisi Khampepe, se verslag oor die voorval. Sy het bevind die lewensomstandighede in die gebou het talle verordeninge oortree. Khampepe sê die stad moet ʼn onafhanklike proses begin om vas te stel wie individuele verantwoordelikheid of aanspreeklikheid moet dra: