Aussies moet stem oor inheemse regte

Duisende mense het vandag in Australië saamgetrek om ‘n veldtog te steun om die land se inheemse mense in die Grondwet te erken, voor ‘n referendum later vanjaar. Dit kom na ‘n onlangse daling in steun vir die erkenning. Die referendum, wat waarskynlik tussen Oktober en Desember gehou sal word, poog om die Grondwet te […]

Read More

Wen-wen plan met botterskorsies en die Capricorn-stigting

Die Capricorn-stigting het 100 000 Namibiese dollar bygedra om 10 ton botterskorsies by die Mariental-akkerbouprojek aan te koop vir verspreiding na 80 liefdadigheidsorganisasies in tien streke in die land. Met droogte-toestande in talle gebiede in die land, gepaard met erge armoede, is voedselhulp broodnodig. Marlize Horn, van die stigting het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.

Read More

Warm en droog die komende somer

Daar is twee voorspellings vir die sogenaamde Enso-weerpatroon, een deur die Climate Prediction Centre en een deur die International Research Institute for Climate, en beide voorspel ‘n dominante El Nino-patroon tot ten minste volgende jaar Maart. Die aanduidings is ook dat die grootste dele van Namibië bogemiddelde temperature sal ervaar. Die navorsingsinstituut toon dat daar […]

Read More

Kleinsake in SA: 70% misluk

‘n Studie deur die Instituut vir Klein Besighede in die buurland toon net 30 persent van die klein ondernemings in Suid-Afrika is in staat om meer as ‘n jaar lank te oorleef. Daarby misluk 70 tot 80 persent van die nuwe besighede binne vyf jaar. Die mede-stigter en uitvoerende hoof van Rentoza, Chris Govender, sê […]

Read More

Sirië onderskep Israel se missiele

Siriese owerhede sê hulle het vanoggend ‘n missielaanval van Israel afgeweer, terwyl die polisie in Israel sê dat oorblyfsels van ‘n Siriese lugafweermissiel ‘n afgeleë dorp getref het sonder om beserings te veroorsaak. Israel het die afgelope maande aanvalle op Siriese lughawens en lugbasisse verskerp om Iran se toenemende gebruik van lugtoevoerlyne te ontwrig. Iran […]

Read More

Wes-Indiese Eilande kwalifiseer nie vir Wêreldbeker nie

Die Wes-Indiese Eilande is uit die Wêreldbekertoernooi. Hulle het ‘n kwalifiserende wedstryd in Harare met sewe paaltjies teen Skotland verloor, terwyl hulle moes wen om die kwalifiseringshoop lewend te hou. Die Windies is vir 181 in hulle 50 boulbeurte uitgeboul. Skotland het die teiken bereik met net meer as ses boulbeurte oor. Die Windies het […]

Read More

Publiek moet sê oor skoolkalender vir ’24

Die Namibiese onderwysministerie vra insette van die publiek oor twee voorgestelde skoolkalenders vir volgende jaar. Daar is nie noemenswaardige verskille nie dit is net die begin van die akademiese jaar wat verskil sowel as die breek in die tweede semester. Die uitvoerende direkteur in die ministerie, Sanet Steenkamp sê die kalenders is in die plaaslike […]

Read More

SA-opposisie staan saam oor Phala Phala-bevinding

Verskeie politieke partye het die verslag van die kantoor van die openbare beskermer verwerp wat President Cyril Ramphosa van enige blaam onthef het, wat sy Phala Phala-plaas betref. Politieke partye, wat die DA, ATM en EFF insluit, het gevra vir ‘n hersiening en die tersyde-stelling van die verslag. Die regsontleder Mpumemelo Zikalala sê die partye […]

Read More

Oostenryk sluit aan by Europese Sky Shield-verdediging

Die neutrale land Oostenryk het gister sy voorneme aangekondig om aan te sluit by die Europese Sky Shield-inisiatief. Dit is is 2022 deur Duitsland van stapel gestuur teen die agtergrond van die oorlog in Oekraïne. In ‘n nuusverklaring sê die Oostenrykse kansellier, Karl Nehammer, hulle moet en sal voorsorg tref om hulle land te beskerm […]

Read More

Hitte in Mexiko dood 104

Die Mexikaanse ministerie van Gesondheid het aangekondig dat versengende hitte in Junie die lewens van 104 mense geëis het, na ‘n reeks hittegolwe. Die ministerie sê byna ‘n duisend hitte-verwante noodgevalle is tussen 12 en 25 Junie aangemeld. Die sterftes word na wat berig word toegeskryf aan ontwatering en sonsteek. Verlede week het die noordwestelike […]

Read More