Swakara: Alle oë nou op September se veiling, net 40% van pelse verkoop

Die Swakara-veiling het nie die verwagte verkope opgelewer nie. Die veiling is vroeër die maand gehou by Saga Furs in Helsinki, Finland maar net 40 persent van die pelse het verkoop. Dit kom ná die ineenstorting van die pelsmark laat in 2020 en die gevolglike likwidasie van Kopenhagen Fur, wat tot nou toe die agent […]

Read More

Litiumverwerking kan US$1 miljard jaarliks beteken

Na die minister van myne en energie Tom Alweendo ‘n verbod op die uitvoer van minerale, soos litium aangekondig het, het Bloomberg ‘n onderhoud met hom gevoer waar hy daarop aandring dat Namibië nie kan industrialiseer as hy nie sy eie bronne begin verwerk nie. Op die manier kan die land ook beleggings lok. Volgens […]

Read More

Shilunga gesels oor jongste tydens haar werksbesoek aan Angola

Die adjunkminister van myne en energie, Kornelia Shilunga is tans op ‘n weeklange werksbesoek in Angola om by die buurland oor die oliebedryf te leer. Die nuus kom te midde van groot kritiek oor die samewerking met die buurland. Shilunga het aangekondig dat Namibië moontlik aandele in die Lobita-raffinadery kan bekom. Die raffinadery is nog […]

Read More

Slenter vir selfoon-betalings in verband met Stad Whk-rekenings

Daar is ‘n nuwe slenter in die omtrek, die keer in verband met rekenings by Stad Windhoek. Volgens die munisipaliteit word inwoners van die hoofstad geskakel en gesê dat dienste gesny sal word indien die uitstaande bedrag nie onmiddellik deur middel van ‘n selfoon-betaling vereffen word nie. Die Stad sê geen rekening kan op die […]

Read More

Ongevraagde voorstelle: Riglyne vir billike toegang gepubliseer

Die finansministerie sê die Riglyne vir Ongevraagde Voorstelle is in die staatskoerant gepubliseer. Daar is plaaslik ‘n uitdaging met voorstelle wat aan die regering gemaak word in ‘n poging om ‘n kontrak te kry. Die riglyne verskaf ‘n gestruktureerde raamwerk vir die indiening, evaluering, en potensiële implementering van ongevraagde voorstelle, om te verseker dat alle […]

Read More

Vrystaat se munisipaliteite het net 43% van poste gevul

Die DA in die Vrystaat sê die LUR vir Samewerkende Regering en Tradisionale Sake, Ketso Makume, se erkenning dat sy departement nie munisipaliteite in ‘n toestand van uiterste verval kan red nie, is kommerwekkend. Die rede is dat die departement nie die finansiële of menslike hulpbronne, vaardigheid of vermoë het om die nodige ondersteuning aan […]

Read More

Pleidooi dat Sudan se bure grense oophou

Die hoof van die VN se vlugteling agentskap het buurlande rondom Sudan aangemoedig om hul grense oop te hou ten spyte van sekuriteitsbekommernisse. Die hoeveelheid mense wat uit die konflik vlug het die 500 000-kerf verbygesteek en neem steeds toe. In die land self is meer as 2 miljoen ontheem. Filippo Grandi van die agentskap […]

Read More

Alcaraz behaal oorwinning in Queen’s Klub-debuut

Die topgekeurde Carlos Alcaraz het sy debuut by die Queen’s Klub-kampioenskap in Londen gemaak en ná ‘n taai stryd ‘n oorwinning behaal. Die Spanjaard het ‘n stel verloor maar teruggeveg en die Fransman Arthur Rinderknech met 4-6, 7-5 en 7-6 geklop. Alcaraz, wat sy vyfde titel dié seisoen op toernooivlak wil inpalm, kom volgende teen […]

Read More

SAA-Takatso samesmelting steeds in die nuus

Takatso Aviation Consortium het aan die Mededingingstribunaal gesê alhoewel die samesmelting met South African Airways waarskynlik nie tot werksverliese gaan lei nie, is daar geen waarborg dat dit nie sal gebeur nie. Die Mededingingskommissie het verlede maand voorwaardelik goedkeuring gegee vir die samesmelting waarvolgens Takatso 51-persent van die SAA met voorwaardes sal koop. Een van […]

Read More

Telecom en Cenored teken ooreenkoms

Telecom Namibia het ‘n memorandum van verstandhouding met Cenored onderteken. Die doel van die ooreenkoms is om gebiede van wedersydse samewerking tussen Telecom en Cenored uiteen te sit wat betrekking het op die verskaffing van konsekwente en betroubare elektrisiteit en verwante dienste. Op sy beurt sal dit Telecom in staat stel om betroubare en konsekwente […]

Read More