Omgewingsministerie wil stewige boetes in nasionale parke instel

Die omgewingsminister Pohamba Shifeta sê hy sal binnekort boetes instel vir spoed en nie-nakoming van reëls in nasionale parke. Hy sê daar is te veel wetteloosheid wat in parke voorkom en die ministerie sal binnekort maatreëls instel soos om individue wat die wet oortree, te beboet met niks minder nie as 10 000 Namibiese dollar. […]

Read More

Afrika-leiers wil konflik in Oekraïne beëindig

Die Suid-Afrikaanse Presidensie sê President Cyril Ramaphosa het die Chinese leier, Xi Jinping ingelig oor die Afrika-leiers se komende besoek aan Rusland en Oekraïne om die konflik te probeer beëindig. Die twee leiers het volgens berigte telefonies gesels. Die Presidensie sê Ramaphosa het aan Xi gesê hy neem kennis van China se voorgestelde vredesplan en […]

Read More

Pous Franciskus herstel goed, maar lewer nie Sondag-boodskap

Dokters wat pous Franciskus behandel sê hy herstel goed van sy operasie, maar hulle het kom aangeraai om nie sy Sondag-boodskap van ‘n hospitaal-balkon af te lewer nie. Die 86-jarige Franciskus het ‘n prosedure van drie uur in die Gemelli-hospitaal in Rome ondergaan vir ‘n buikbreuk en moet nog ‘n week in die hospitaal deurbring. […]

Read More

Tennis: Swiatek wen Franse Ope in rillerstryd

Tennis: Iga Swiatek het Karolina Muchova met 6-2, 5-7, 6-4 geklop en haar derde Franse Ope-titel op Roland Garros ingepalm. Die 22-jarige Swiatek is net die derde vrou van die begin van die Oop-Era van 1968 af, wat haar eerste vier Grand Slam-eindstryde kon wen. Die Poolse speler het nog ‘n oorwinning gevoeg by haar […]

Read More

NDF, Botswana gereed vir weermagoefening in Omaheke

Die Namibiese weermag-hoof lugmaarskalk Martin Pinehas sê hulle is gereed vir die komende gesamentlike vredes-ondersteuningsoperasie-oefening met die kodenaam Hanganee II saam met hul Botswana-eweknie in die Omaheke-streek. Pinehas het inspeksie gedoen om die gereedheid van die deelnemende troepe en die nodige toerusting vir die oefening te bepaal, wat van 15 tot 30 Junie in die […]

Read More

Gift of the Givers bevraagteken cholera-dodetal

Die hulp-organisasie Gift of the Givers sê die amptelike cholera-dodetal in die buurland is nie ‘n werklike weergawe van die sterftes weens die uitbreking nie. Die nasionale departement van gesondheid stel die bevestigde dodetal op 32, waarvan 29 in Gauteng, twee in die Vrystaat en een in Mpumalanga. Gift of the Givers meen die syfer […]

Read More

VN loof Nigerië oor gesondheidsorg

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies se personeel-hoof, Earle Rattray, het Nigerië geloof vir sy indrukwekkende geïntegreerde gesondheidsleweringsdiens aan sy burgers. Hy waardeer ook die toewyding van VN-personeel wat volhoubare ontwikkeling en gesondheidsekerheid in Nigerië dien. Rattray is beïndruk met die vlak van siekte-opsporing. Die doel is, geen verdraagsaamheid vir polio nie en om te […]

Read More

SA Sokkervereniging bring hulde aan Clive Barker

Sokker: Die president van die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging, Danny Jordaan, sê die afsterwe van die afrigter Clive Barker is ‘n reuse-terugslag. Die gewese Bafana Bafana-afrigter het in Durban gesterf. Hy is vroeër die jaar met Lewy-liggaams-demensie gediagnoseer. Barker was die afrigter van die nasionale sokkerspan toe hulle in 1996 die Afrika-beker verower het. Jordaan sê hul […]

Read More

Venaani op massabegrafnis: Namibiërs vasgevang in honger en armoede

Die amptelike opposisieleier McHenry Venaani was van die politieke hoëlui wat die massabegrafnis van 16 slagoffers van vermoedelike voedselvergifting by Kayova in die Kavango-Oos-streek bygewoon het. Die slagoffers was tussen twee en 33 jaar oud, waarvan agt seuns en sewe meisies was. Die verdedigingsminister Frans Kapofi het die toespraak namens die regering gelewer waarin hy […]

Read More

Gautengers wakker geskud met aardbewing

Mense in Gauteng het vanoggend vroeg wakker geword van ‘n hewige skudding en gedreun. ‘n Matige aardbewing het dele van die provinsie om 02:38 getref.  Mense het op sosiale media die bewing en harde geraas bevraagteken en baie het ook foto’s geplaas van skade aan huise aan die Oos-Rand. Die Amerikaanse Geologiese Opname sê die […]

Read More