Staande komitee besoek Megawattpark tot Vrydag oor De Ruyter bewerings

Die Suid-Afrikaanse parlementêre staande komitee op openbare rekeninge besoek Eskom se hoofkantoor as deel van die ondersoek na bewerings van hebsug wat die gewese uitvoerende hoof, André de Ruyter, gemaak het. Hy het ernstige aantygings uitgelig, insluitend bewerings van korrupsie, diefstal, wanadministrasie, sabotasie en ‘n gebrek aan gevolge-bestuur by die instelling. Bheki Radebe van komitee […]

Read More

Personeeltekorte in gesondheid wek kommer

Die gesondheidsministerie sê slegs tien streke in die land billike personeel van gesondheidsorgwerkers het, wat 71 persent verteenwoordig in gebiede van sleuteldienslewering, distrikshospitale, gesondheidsentrums en klinieke. ‘n Ondersoek na die gesondheidswerksmag in die land dui aan dat slegs drie streke, Khomas, Erongo en Otjozondjupa, goeie personeelsyfers het, terwyl geen van die streke ‘baie goeie’ personeel […]

Read More

Denemarke beloof groot beleggings in hernubare energie in SA

Na die ampsbesoek aan Namibië het die Deense en Hollandse afvaardiging na Suid-Afrika gereis. President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika is goed geplaas om hernubare-energieprojekte te lok en in te stel en het die vermoë om sommige van die onderdele wat hierdie projekte nodig sal hê, te vervaardig. Hy het in Pretoria by die sakeforum tussen […]

Read More

Rwandese volksmoordverdagte soek asiel in SA

Die prokureurs van die Rwandese volksmoordverdagte, Fulgence Kayishema, het aan die Kaapstadse Landdroshof gesê hy gaan op politieke gronde in Suid-Afrika om asiel aansoek doen. Dit kan sy moontlike uitlewering aan Rwanda en sy verhoor met jare vertraag. Die Internasionale Residuele Meganisme vir Kriminele Tribunale wil hê Kayishema moet verhoor word vir sameswering om volksmoord […]

Read More

Hunter Biden se ooreenkoms is volgens Trump ‘n ‘verkeersboete’

Die Amerikaanse prokureur-generaal in Delaware het dokumente ingedien wat aandui dat ‘n pleitooreenkoms met President Joe Biden se seun Hunter Biden bereik is. Hy sal na verwagting skuldig pleit op twee aanklagte van belastingontduiking en erken dat hy onwettig ‘n vuurwapen besit het terwyl hy ‘n dwelmgebruiker was. Biden sal na verwagting ook instem tot […]

Read More

Swaar strawwe en boetes vir oortreders van Loteryewet

Die toerismeminister Pohamba Shifeta het vandag ‘n sterk waarskuwing uitgestuur dat enige iemand wat die Loteryewet oortree swaar strawwe of stewige boetes in die gesig staar. Oortreders kan ‘n boete van hoogstens 4 miljoen Namibiese dollar ontvang of tronkstraf vir ‘n hoogstens 20 jaar, of beide ‘n boete en gevangenisstraf. Shifeta sê ook geen minderjariges […]

Read More

Enoch: Skelm ouditeurs, firmas gaan les opsê

Die Suid-Afrikaanse minister van finansies, Enoch Godongwana, stel aansienlike boetes voor vir ouditeure wat kliënte en die publiek mislei. Ingevolge die voorgestelde veranderings kan ouditeure individueel beboet word met tot tien miljoen Suid-Afrikaanse rand en ouditeursfirmas met 25 miljoen Suid-Afrikaanse rand, soos aanbeveel deur die Onafhanklike Regulerende Raad vir Ouditeure. Skuld erkenning kan maksimum boetes […]

Read More

Atletiek: Hamutenya wen silwer by Spesiale Olimpiese Spele

Atletiek: Die Namibiese middelafstand-hardloper, Finamekeni Hamutenya, het vandag ‘n silwermedalje vir Span Namibië gewen ná ‘n foto-beslisssing by die 2023 Spesiale Olimpiese Spele wat in Berlyn, Duitsland. Hamutenya het Maandag ‘n persoonlike beste tyd aangeteken in die vlak A 800 meter en vandag in die finaal sy persoonlike beste tyd weer na twee minute 2,95 […]

Read More

Beskermingsbevel om pensioenvoordele van oudbedryfshoof te bevries

Die Spesiale Ondersoekeenheid het daarin geslaag om ʼn beskermingsbevel te bekom om sowat 10,2 miljoen Suid-Afrikaanse rand se pensioenvoordele van die voormalige bedryfshoof van Lepelle Noordwater te bevries. Carel Schmahl word verbind met beweerde onreëlmatighede met die Giyani-waterprojek in Limpopo. Die eenheid se woordvoerder, Kaizer Kganyago, sê ondersoeke het aan die lig gebring Schmahl het […]

Read More

Venaani spreek dwelmsmokkelary in NV aan

Die leier van die amptelike opposisieparty, die Popular Democratic Movement, McHenry Venaani het vandag sy kommer in die parlement uitgespreek oor die feit dat georganiseerde misdaad, soos dwelmsmokkelary, veral van kokaïne, in Namibië aan die toeneem is. Venaani het gesê dié misdadigers werk hand aan hand saam met besigheidseienaars by hawedorpe soos Walvisbaai waar dié […]

Read More