Bokke teister eiland-inwoners naby Sisilië

Die burgemeester van ‘n Italiaanse eiland bied aan om die honderde bokke weg te gee wat die gebied oorneem. Riccardo Gullo het op die plan besluit nadat ‘n sensus bevind het daar is ses keer meer bokke op Alicudi as die mens-bevolking van 100. Die eiland is deel van ‘n eilandgroep noord van Sisilië. Volgens […]

Read More

Telecom sukkel ook met foute in SIM-registrasie

SIM-kaart-registrasie bly in die nuus. Telecom Namibia het die deaktivering van meer as 191 000 ongeregistreerde voorafbetaalde SIM-kaarte aangekondig, effektief 1 April. Maar, nes met MTC is daar ook kliënte wat geregistreer het en wat afgesny is. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Nomvula Kambinda, die hoof van korporatiewe kommunikasie by Telecom.

Read More

Hai//om sukkel steeds met nasionale dokumente

Ten spyte van die ministerie van binnelandse sake se massaregistrasie-veldtog wat tot 30 Julie duur sê die waarnemende hoof van die Hai-//om, John Jan Haneb dat hulle reuse-uitdaging het. Hy sê daar is nie voldoende inligting oor die vereistes vir nasionale dokumente nie en verder, dat talle lede van die gemeenskap nie daaraan kan voldoen […]

Read More

VSA sê hy sal ommekeer maak in sy ondersteuning van Israel indien…

President Joe Biden sê, Amerikaanse steun aan Israel in die toekoms sal afhang van die konkrete stappe wat die land doen om burgerlikes en hulpwerkers te beskerm. Hy het met die Israelse premier, Benjamin Netanyahu, gepraat in ‘n 30-minute telefoonoproep, ná die dood van sewe World Central Kitchen-personeellede. Die minister van Buitelandse Sake, Antony Blinken, […]

Read More

Kiss verkoop musiek, handelsmerk

Die rockgroep Kiss het sy musiekkatálogus, naam en handelsmerk aan ‘n Sweedse musiekbeleggingsfirma, Pophouse Entertainment, verkoop in ‘n transaksie ter waarde van meer as 5,6 miljard Namibiese dollar. Die Rock and Roll Hall of Fame-groep het oor die afgelope 50 jaar nagenoeg 100 miljoen albums verkoop. Die medestigter van Kiss, Gene Simmons, sê hulle was […]

Read More

Shifeta sê oor stropery

Die herrie is los oor die nuus dat 28 renosters vanaf Januarie gestroop is. Die PDM-leier McHenry Venaani het intussen gesê hy het intelligensie ontvang dat kartelle met stropery in die land se natuurbewaringsgebiede besig is. Volgens Venaani sluit dit Chinese burgers en senior wetstoepassingsbeamptes in. Die toerisme-minister, Pohamba Shifeta, het in die Nasionale Vergadering […]

Read More

Cyril loof speaker vir haar bedanking

President Cyril Ramaphosa sê die voormalige speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula se besluit om te bedank moet geloof word. Sy het gister haar eerste verskyning in die Pretoria-landdroshof gemaak op 12 aanklagte van korrupsie en een van geldwassery. Sy is uit op borgtog van 50 000 Suid-Afrikaanse rand. Ramaphosa het tydens ‘n geleentheid […]

Read More

Olie- en gasreuse besoedel erg, en brei nog uit

Van die 122 grootste olie-, gas-, steenkool- en sementprodusente, het 65-persent staatsinstellings en 55-persent privaat maatskappye hul produksie verhoog. Dit is volgens die Carbon Majors Database wat deur wêreldbekende navorsers opgestel is. Die grootste skuldige is ExxonMobil van Amerika, wat deur beleggers besit word en die afgelope sewe jaar 3,6 gigaton koolstofdioksied vrygestel het. Shell, […]

Read More

Nadal onttrek uit Monte Carlo

Die 11-malige kampioen Rafael Nadal het hom aan die Monte Carlo Meesters onttrek weens ‘n voortdurende besering. Die 37-jarige Spanjaard het in Januarie tydens die Brisbane Meesters uiteindelik weer na die baan teruggekeer nadat hy bykans ‘n jaar op die krukkelys was. Hy het sy heup beseer, wat hom uit die Australiese Ope gehou het. […]

Read More

Klagte van N$12m se diefstal by Cenored

Mateus Fungo, ‘n voormalige werknemer van Cenored sal weer op 15 Mei in die Otjiwarongo-landdroshof verskyn op ‘n aanklag van bedrog. Die 36-jarige beskuldigde het voor landdros Immanuel Udjombala verskyn. Hy word daarvan aangekla dat hy 12 miljoen Namibiese dollar tussen September 2021 en Desember 2022 gesteel het. Hy het in Januarie 2023 bedank en […]

Read More