Bokke teister eiland-inwoners naby Sisilië

Die burgemeester van ‘n Italiaanse eiland bied aan om die honderde bokke weg te gee wat die gebied oorneem. Riccardo Gullo het op die plan besluit nadat ‘n sensus bevind het daar is ses keer meer bokke op Alicudi as die mens-bevolking van 100. Die eiland is deel van ‘n eilandgroep noord van Sisilië. Volgens internasionale media lewe wilde bokke reeds jare lank in die berggebied, maar veroorsaak nou chaos in residensiële dele. Hulle verwoes tuine, stamp mure om en stap huise binne.