Verborge koste van voedsel bekend

Die jongste Stand van Voedsel en Landbou-verslag van die Voedsel- en Landbou-organisasie, kyk na die ware koste van voedsel vir volhoubare landbou-voedselstelsels. Die verslag stel die konsep van verborge omgewings-, gesondheids- en maatskaplike koste en die voordele van landbouvoedselstelsels bekend. Dit stel ‘n benadering getiteld “ware koste-berekening” voor om dit te assesseer. Die beramings dui daarop dat lae-inkomste lande die hoogste las dra van die verborge koste van landbouvoedselstelsels relatief tot nasionale inkomste. Dit maak dit moeilik te midde van stygende kospryse vir mense in ontwikkelende lande om voedsame kos te koop. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Ben Schernick, die direkteur van die Nutrition and Food Security Alliance of Namibia, oor wat Namibië moet doen om te verseker dat burgers toegang tot gesonde, voedsame voedsel het ondanks stygende voedselpryse.